Showing posts with label beloftes. Show all posts
Showing posts with label beloftes. Show all posts

Sunday, January 3, 2010

Reenboog


Ons het vannaand die mooiste reenboog hier. Ek het so gehuil toe ek met die reenboog-sien weer besef hoe getrou die HERE is. Hy het eenmaal lank terug aan ons stoflinge belowe dat Hy nooit weer die aarde met water sal laat vergaan nie, en so 'n oneindige groot God stuur elke keer wanneer dit reen, 'n reenboog. Ek het vannaand so nietig en vol onverdienstelikheid gevoel toe ek die reenboog sien. Soveel liefde in die lug vertoon. God hou sy beloftes. Hy herinner ons dat Hy dit hou. Ons is so klein. Hy is so groot. Die dankbaarheid wil so uit my hart uit breek. Hier is die einste reenboog van ons balkon af.
Gen. 9 :
12
Toe het God gesê: "Dit is die teken van die verbond tussen My en julle en die wilde diere by julle, 'n verbond wat vir alle toekomstige geslagte geld:
13
my reënboog het Ek in die wolke geplaas. Dit sal die teken wees van die verbond tussen My en die aarde.
14
Wanneer Ek wolke oor die aarde laat saampak, en die reënboog verskyn in hulle,
15
sal Ek dink aan my verbond met julle en al die wilde diere volgens hulle soorte. Daar sal nooit weer vloedwaters kom wat alle lewende wesens uitroei nie.
16
Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde."
17
God het vir Noag gesê: "Dit is dan die teken van die verbond wat Ek tot stand gebring het tussen My en al die lewende wesens op die aarde."