Wednesday, January 6, 2010

As mens wil huil











As mens wil huil, sal mens heeldag lank kan huil. Daar is eenvoudig so baie dinge om oor te huil. Enige ding wek 'n geheue op oor iets van die verlede, of herinner iets jou aan hoe dinge was en is die gevoel van verlies of berou so intens, jy kan maar net huil. Vir myself se^ ek nou, om op te staan. Om aan te gaan. Ruk los. Want as jy dit nie doen nie, sal jy vasgroei in jou leed. Ek weet ek kruip agter goeters weg. Gebruik ander dinge vir krukke. Maar ... nou... moet... ek ... myself regruk. Daar is net nog te veel oor wat wonderlik is. Ek moet opkyk.

Sunday, January 3, 2010

Reenboog


Ons het vannaand die mooiste reenboog hier. Ek het so gehuil toe ek met die reenboog-sien weer besef hoe getrou die HERE is. Hy het eenmaal lank terug aan ons stoflinge belowe dat Hy nooit weer die aarde met water sal laat vergaan nie, en so 'n oneindige groot God stuur elke keer wanneer dit reen, 'n reenboog. Ek het vannaand so nietig en vol onverdienstelikheid gevoel toe ek die reenboog sien. Soveel liefde in die lug vertoon. God hou sy beloftes. Hy herinner ons dat Hy dit hou. Ons is so klein. Hy is so groot. Die dankbaarheid wil so uit my hart uit breek. Hier is die einste reenboog van ons balkon af.
Gen. 9 :
12
Toe het God gesê: "Dit is die teken van die verbond tussen My en julle en die wilde diere by julle, 'n verbond wat vir alle toekomstige geslagte geld:
13
my reënboog het Ek in die wolke geplaas. Dit sal die teken wees van die verbond tussen My en die aarde.
14
Wanneer Ek wolke oor die aarde laat saampak, en die reënboog verskyn in hulle,
15
sal Ek dink aan my verbond met julle en al die wilde diere volgens hulle soorte. Daar sal nooit weer vloedwaters kom wat alle lewende wesens uitroei nie.
16
Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde."
17
God het vir Noag gesê: "Dit is dan die teken van die verbond wat Ek tot stand gebring het tussen My en al die lewende wesens op die aarde."